SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS:29 Junie 2008
TEMA: Julle is vry!
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings (Gebruik die afkondigings soos nodig) |
Suid 50 jaar. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2500 Kerkgebou. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2502 Jesus die fondament . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2504 Nuwe intrekkers. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2505 Terreinplan. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2506 Babas. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . babas Kinderkerk. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2509a Padkos..............................................................padkos God sorg.............................1402 |
|
MG |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
1401 |
Liturg |
Gebed |
|
1401 |
Liturg |
Oproep tot lof |
God sorg in brood en botter |
1401 |
MG |
Lof |
Die liefde van Jesus is baie groot. . . . . . . . . . . . . . . 690 Hy's die ene wat ek liefhet (FLAM 105). . . . . . . . . .791 Prys die Here (FLAM 23). . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .963 Daarom (Flam 34). . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .706 |
690(1,2) 791(1) 963(1,2,3,4,5) 706(1,R,2,r,s1,s2 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding Voorlesing (Tersia) |
Tienerstories (Die seun se bloed) p26 Klink die verhaal bekend? By “Dis my enigste seun” - Klavinova begin sagies speel aan “Amazing Grace” “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” |
Pa |
MG |
Aanbidding |
At the cross. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .633 God van my hart. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 756 Heer, ek het U lief. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .772 |
633(1,2,3,4) 756(1,r,s) 772(1,r,2,s) |
Ouderling |
Voorbidding |
|
1360 |
Liturg |
Skriflesing |
Hand 12:1-19 |
1310 |
Liturg |
Preek |
“Julle is vry” / “Die deur is oop” |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
tronk |
Liturg |
Gebed |
|
1360 |
Diakens |
Offergawe |
Musiek: “He will carry” (mp3-1) |
carry |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
Beeld van God (Flam 41). . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 665 As die rol daar afgelees word. . . . . . . . . . . . . . . . . .640 |
665(1,r,2,r,3,r) 640(1,r,2,r) |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
Roomse kerk: vier jaarliks op 1 Aug die kettings wat afgeval het
VERHAAL
Daar was 'n nuwe koning in die land: Sy naam was koning Herodes Agrippa
Nie dieselfde Herodes as in Mat, Markus en Lukas
Dit was sy broerskind.
Regeer 41-44nC
Die Jode het nie baie van hom gehou nie
• Edomiet
• Romein
En hulle het niks van hom gehou nie.
En daarom het hy uit sy pad uit gegaan om die Jode se guns te wen.
• "gekruip"
• Hy het geweet die Jode hou niks van die christene nie
• Weet: as hy die Jode wil gelukkig maak, moet hy die christene roer.
En toe laat vang hy vir Jakobus: broer van Johannes
• Jakobus major
• by by die verheerliking op die berg
• genoem "seuns van die donder" (Mark 3:17)
• Mat 20:23 Jesus sê dat hulle dieselfde beker as Jesus sou drink en met dieselfde doop gedoop word.
• In hierdie hoofstuk word dit waar.
• Kop met swaard afgekap
• ...wanneer koning 'n skielikbesluit om iemand dood te maak.
• kap kop heeltemal af
• En toe die volk daarvan hoor - toe "cheer" hulle vir koning Herodus.
• Koning Herodes: jy is 'n goeie koning - ons hou van jou!
• jy's ons man!
• Darem eienaardig wat groepsdruk aan 'n mens kan doen.
• Party ouens sal enige ding doen net om "in" te wees.
• Om net 'n bietjie ge"cheer" te word.
• Koning Herodes, hy is ons man!
En toe breek die tyd van die paasfees aan.
• die tyd wat lammetjies by die tempel geslag word.
En met paasfees het al die Jode na Jerusalem toe gekom.
• elkeen met sy lammetjie
• om te vier dat die Here hulle uit Egipte uit bevry het
Maar daar was ook 'n ander groep mense gewees..... in Jerusalem ....met Paasfees.
• die christene
• hulle het kom vier dat hulle Here 8 jaar gelede ook hier gesterf het.
• Die aand voor paasfees.
• Nie by die tempel nie - maar op kopbeenkoppie.
• En daarom bring hulle nie lammetjies saam nie, want die LAM het reeds gesterf
En die Jode was baie geïrriteerd met christene.
• baie aggressief / gewelddadig
• baie voorvalle oor paasfees
• (Dit klink soos ons eie paasnaweek)
• Die naweek wat ons die verlossing vier, is ook die naweek wat die polisiemanne moet oortyd werk.
En in hierdie tyd word Petrus toegesluit tot na paasfees
• Die mense was kwaad vir Herodes omdat hulle nie kan by wees by Jakobus se dood nie
• Hulle wou graag gesien het.
• Nou bêre hy vir Petrus vir so 'n spektakel
• hy laat hom toesluit in maksimum
• 16 wagte om hom op te pas
• [ Wagte gee natuurlik nie om nie - lekker oortyd vir die langnaweek ]
• En hulle boei hom vas aan twee wagte
• [ Gewoonlik net een - maar hierdie is 'n gevaarlike ou - hy het al uit maksimum ontsnap - Hand 5:19 ]
• 16 wagte - en om alles te kroon - 'n groot ysterhek waarby niemand kan verbykom nie.
En Herodes kry so lekker gevoel in sy hart: hy het die leier van die kerk in die tronk.
En as die paasfees verby is, gaan hy bietjie sports maak met hom.
En hy dink by homself: Ek daag jou uit om hier uit te kom.
Maar dis net die een helfde van die storie.
Nie baie ver van daar af nie was daar 'n huis.
'n doodgewone huis.
• En hier het iets wonderlik gebeur.
• Die familie, en die vriende, en die kollegas van Petrus - ja die kerk van Jesus Christus het hier saamgebid.
• Buite was daar 'n feestelikheid.
• Dit gaan mal in die stad.
• Die stad krioel van mense wat kom om te offer.
• Die besighede bly en dag en nag oop.
En die kerk: hulle mis uit op party
Want hulle is besig om te bid vir 'n lid wat ly.
En hoe langer Herodes die verhoor uitstel - hoe meer tyd is daar om te bid.
**
Uiteindelik is dit die aand voor die teregstelling.
• D-dag
• Ja, dit het gelyk of die Here van Petrus vergeet het.
• En die volgende oomblik staan daar 'n engel by Petrus in die sel.
• En hy sê: kom saam - ek het jou kom haal
• Herodes se boeie val van hom af
• [ die etiket met die waarborg sit nog op die boeie ]
• En die wagte gaan in diep, diep slaap
• [ Ek en Tersia spot altyd met ons 2 woelige seuntjies in die aand as hulle slaap - hulle lyk te pragtig as hulle slaap - Hierdie wagte van Herodes lyk te pragtig as hulle slaap - so onskuldig! ]
• En dan stap Petrus en die engel verby al die wagte.
• En as hulle by die groot ysterdeur kom: skuif die deur self oop.
• [ dit was die voorloper tot die elektriese hekke wat ons vandag het ]
• En die engel vat vir Petrus tot buitekant in die straat.
Petrus, jy's vry!
TOEPASSING
1. God bevry mense uit klein donker tronke
Ons almal kom van tyd tot tyd in 'n klein donker tronkie
En as ek na die wagte kyk
en na die boeie
en na die ysterhek
Besef ek: hier sal ek nooit uitkom nie.
Ek kan myself nie uit hierdie donker tronkie kry nie.
God alleen kan.
Hy gaan haal vir Petrus uit sy tronkie uit.
Hy bevry hom.
In watter tronk bevind jy jou?
'n gemors in jou huwelik?
Finansiële krisis?
Werkskrisis?
Gesondheid?
Miskien sien jy vanoggend net wagte en wagte.
Boeie met nog hulle label op?
'n Groot staalhek waar jy nie verby kan kom nie.
En jy weet - dit is die einde.
God bevry mense!
Psalm 146:7 God bevry die gevangenes
Lukas 4:18 Hy het my gestuur om die vrylating van gevangenes aan te kondig.
2. Bevryding vind dikwels plaas op aand voor die teregstelling - wanneer die krisis op sy ergste is.
• "The worse the better" - hoe slegter dit gaan, hoe beter vir God.
• Isak reeds op die altaar
• Vir Daniël: toe hy reeds in die leeukuil is
• Vir Petrus: die aand voor die einde
Dikwels kom die uitweg wanneer dit vir ons lyk of dit te laat is.
Miskien eers die aand voor die likwidasie.
Of in die laaste twee minute voor die egskeiding.
Of wanneer ek klaar my werk verloor het.
Ons wil hê die Here moe nou ingryp.
Hy moet nou voorsien.
Hy moet nou my situasie verander.
Baie keer wag Hy tot die nag voor die teregstelling.
3. Gebed speel 'n groot rol in bevryding
Nadat Petrus bevry is uit die tronk, gaan hy na die huis waar hy geglo het sy vriende sou wees.
Middernag.
Pikdonker.
Orals slaap die mense.
Doodmoeg van al die feestelikheid.
En die christene?
Hulle het bymekaargekom in iemand se huis.
Hulle bid vir hulle pel in die tronk.
Hulle bid vir 'n lid wat ly.
Hulle bid vir iemand wat 'n krisis het.
Ja, môre-oggend vroeg moet hulle ook werk.
Maar vanaand moet hulle bid.
Want iemand het hulle nodig.
Hoeveel bid jy vir lede wat ly?
Hoe gereeld bid jy vir die name op die Onder Ons?
Hoe gereeld bid jy vir jou kind wat in een of ander krisis is?
Praat nie van raas nie.
Of van hom praat by die ander nie.
PRaat van bid.
Hoe gereeld bid jy vir jou kollega wat om een of ander rede in 'n klein donker kamertjie is?
Bevryding kom waar christene bid.
And Satan trembles when he sees the weakest saint upon his knees. -Cowper
All our strength lies in prayer! -Spurgeon
4. By mense is dinge onmoontlik, maar vir God is alle dinge moontlik.
Het jy al ooit gevoel dat daar geen uitweg meer is nie?
Die wagte is te veel.
Die hekke is te groot.
Die boeie is te sterk.
Alles lyk sommer net donker.
En jy voel jy wil moed opgee.
Sommer net sit en wag vir die ergste.
Of jou eie lewe neem.
Daar is Iemand wat 'n verskil kan maak.
Sy Naam is Jesus.
Ek weet jy weet dit - miskien vir 'n oomblik net vergeet.
Hy laat 'n lig skyn in donker sel.
Hy laat wagte lekker slaap.
Hy maak groot staalhekke oop.
Hy breek boeie stukkend.
Hy bevry mense.
By mense is dit onmoontlik - vir God is alle dinge moontlik!
Hou aan bid.
Hou aan glo.
Een of ander tyd sal die deur oopgaan.
Sara het 89 jaar gebid vir 'n kind - en toe dit nie meer moontlik is nie, toe kry sy hom.
Augustinus se ma het 28 jaar gewag dat haar kind die Here moes leer ken.
Hiskia het toe hy reeds terminaal was gehoor dat die Here vir hom nog 15 jaar gee.